Propaan

Moet nie met propeen of propyn verwar word nie.
Eienskappe

Algemeen

Naam Propaan 
IUSTC-naam Propaan
Struktuurformule van Propaan
Struktuurformule van Propaan
Chemiese formule C3H8
Molêre massa 44.097 g/mol
CAS-nommer 74-98-6  
Voorkoms kleurlose gas
Fasegedrag
Smeltpunt -187.7 °C
Kookpunt -42.25 tot -42.04 °C
Digtheid 2.00098 kg/cm3 (teen 0 °C en 101.3 kPa)
Oplosbaarheid 47 g/L (teen 0 °C)

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt −104 °C 
Selfontbrandingspunt 470 °C

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Propaan is 'n drie-koolstofketting-alkaan met die molekulêre formule C3H8. Dit is 'n gas teen standaardtemperatuur en -druk, maar saampersbaar tot 'n vervoerbare vloeistof. Dit is 'n neweproduk van die verwerking van aardgas en raffinering van petroleum en word gewoonlik as brandstof gebruik. Dit is in 1857 deur die Franse chemikus Marcellin Berthelot ontdek. Propaan is een van 'n groep vloeibare petroleumgasse. Die ander bevat butaan, propileen, butadieen, butileen, isobutileen en mengsels daarvan. Propaan het 'n laer energiedigtheid, maar verbrand skoner as petrol en steenkool. Propaan word gebruik as brandstof in huishoudelike en industriële toepassings en in openbare vervoer met lae emissies.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne